- Seënwense - 2011-
Terwyl die jaar ten einde snel, dink ek onwillekeurig aan elkeen wat in 2011 by die Weskus Fotografiese Vereniging ingeskakel was, hetsy as Komiteelid of lid. Dit is vir my ‘n trotse voorreg om te mag verwys na ‘n Vereniging waarby soveel begaafde én ontluikende meesterfotograwe betrokke is. Baie dankie vir elkeen se aandeel by die ontwikkeling van ons Klub. U mag dalk dink dat dit ongesiens verbygegaan het, maar omdat ‘n fotograaf dinge om hom of haar waarneem, is daar wel deeglik kennis geneem van u insette. Vir elke koppie wat gewas is, elke tafel reggeskuif voor en na ons byeenkoms en elke artikel wat gedra is, sê ek vir u dankie!
Mag hierdie Feestyd vir u en u gesin ‘n tyd wees van vrede, liefde en rus. Mag so ook 2012 vir u voorspoed inhou en dit u stoutste verwagtinge oortref!
Vriendelike groete
Emil
As the year draws to a close, I involuntarily reflect on the input of each and everyone, both as Committee member or as member. It is with no little pride that I may refer to a Society in which so many talented and emerging master photographers are involved. My thanks to each and every one for your contribution to the growing of our Club. You may believe your input to have gone unnoticed, but because a photographer observes that which takes place around him or her,you may rest assured that your contribution to the Club has been duly noted. For each cup washed, every table moved before and after our meeting and for each item carried, my sincerest thanks!
May the Festive Season be a time of peace, love and rest for both you and your family. May you prosper in 2012 and it also be the year in which your wildest dreams come true!
Kind regards
Emil
No comments:
Post a Comment