Wednesday, February 9, 2011

Workshops / Werkswinkels


Werkswinkels
Die Komitee wil nie voorskriftelik optree deur sonder lede se insette en voorstelle werkswinkels te reël waarby lede van die Vereniging nie kan baat nie. Juis daarom word lede genooi om voorstelle te maak / werkswinkels aan te vra wat die lede tot voordeel sal strek. Hierdie voorstelle sal deur die betrokke Komiteelede, in oorleg met die Voorsitter, bespreek word en ‘n weldeurdagte lys van werkswinkels wat proggressiewe ontwikkeling teweegbring, sal dan uit die voorstelle saamgestel en aan die Vereniging se lede deurgegee word. Die afsnypunt vir hierdie voorstelle is 28 Februarie 2011. Rig asseblief voorstelle eninsette elektronies of skriftelik aan Hugo Germishuys ( HYPERLINK "mailto:hugog@vodamail.co.zahugog@vodamail.co.za). Indien lede voorstelle aan ander Komiteelede deurgee, berus die onus op die lid om te verseker dat Hugo wel die voorstel ontvang het. 

1 comment:

  1. Ek het 'n voorstel vir 'n insek-, klein reptiele- en blomwerkswinkel.

    Ons kan daar foto's neem en soek vir reptiele, ens (hulle hardloop nie sommer weg nie!)
    Sy het gesê dat sy so 10min se praatjie sal lewer, hoe om die skoenlappers te lok, ens.
    Oorkant die kwekery is 'n voël uitkykpunt.
    Daar is Koffie, Tee, Koek, Geroosterde broodjies, Slaai, Muffins, Ystee (Ystee is gratis)
    Indien iemand belangstel kan hulle 'n piekniekmantjie bestel.
    Daar kan +/- 12 mense per keer kom.

    Ek het 'n paar foto's bygesit, dat julle kan sien min of meer hoe dit daar lyk.

    Sonneblom en Salie Kwekery
    Voortrekkerstraat 139, Velddrif

    Engela Visser: 079 515 8532

    Groete
    Amanda

    ReplyDelete