Wednesday, February 22, 2012

Ken-jou-kamera Werkswinkel



Ken jou kamera” werkswinkel vind plaas op Saterdag, 3 Maart ’12 by die Brinks se plaas buite Veldrif. Hierdie is ‘n geleentheid om jou kamera, sy funksies en al sy knoppies bietjie beter te leer ken. Hugo Germishuys sal dit aanbied met die hulp van ‘n paar ander helpers. Bring gerus ‘n piekniek mandjie en/of ‘n vleisie saam om op die kole te gooi vir middagete (hout en braai word voorsien).

Waar: Brinks se plaas (padaanwysings volg binnekort)

Wanneer: 3 Maart 2012

Hoe laat: 9 uur tot keelvol / moeg / kaput / g@tvol

Laat weet my asseblief as jy beplan om te kom sodat ons weet hoeveel mense om te verwag.

Bring gerus jou kamera se handleiding en al sy toebehore saam en jou driepoot as dit deel is van jou arsenaal.

Groete
Alex




No comments:

Post a Comment